topmasshead

Business

   
Lee Meiring Randall  

left Lee (Lee Meiring Randall) right

Matric at La Rochelle 1957 (direk daarna op studentetoer oorsee voor eerste werk as sekretaresse by H. Jones in die Paarl).
Een jaar in die Paarl gewerk en toe na Buitelandse Sake in Pretoria in tikpoel vir elf maande voor die Minister van Finansies, Dr Donges, my gevra het om by sy kantoor junior sekretaresse te wees. Paar jaar by hom en toe na PW Botha se kantoor (Minister van Gemeenskapsbou en Behuising). Daarna na Sekretaris van Indiërsake as hoof van tikpoel en toe sekretaresse van die Sekretaris van Indiërsake. In hierdie tyd moes ek verbatim die hofsake van die gemeenskapsbou sake oor Distrik Ses in Snelskrif en Shorthand doen. My kop was net in een rigting toe en dit was Japan maar ek moes 25 wees voor ek uitgepos kon word. Aansoek gedoen en die werk gekry – was so gelukkig, maar het later uitgevind dat ek enigste een was wat aansoek gedoen het – hulle was te bly.
Japan en Tokio 1966 – 1969 in die Konsulaat-generaal. Fantastiese ondervinding. My Volkswagen hiervandaan saamgeneem en die hele land getoer.
Vanaf Tokio is ek na Lourenco Marques verplaas vir drie jaar en daarna afgelos in Malawi, Blantyre.
Volgende pos het ons die Ambassade in Tel Aviv oopgemaak en was ek daar van 1972 – 1874. In hierdie tyd was die Yom Kippur oorlog.
Na ag jaar in die buiteland moes ek terugkeer SA toe, maar was nie lank hier nie toe moes ek aflos in Parys. Daarna ses maande in die Kaap by die parlementsitting in die kantoor van Hilgaard Muller (Minister van Buitelandse Sake) en toe ses maande in New York by die Verenigde Nasies vir ‘n sitting van ses maande. Saam met Pik Botha wie Ambassadeur in Washington was. Op pad huis toe het ek in Rio aangegaan om te sien of ek van die plek sal hou.
Aansoek gedoen en in 1977 in Rio gaan werk by die Konsulaat . Ses jaar gewerk waarvan amper twee getroud was. Ons mag nie getrou het nie maar hulle het my die groen lig gegee. My man het ook daar gewerk vir SA maatskappy. Ongelukkig het die ander meisies gevoel as ek in Rio getroud kan wees, dan kan hulle ook in ander missies trou en het dit toe ‘n probleem veroorsaak. Moes ek bedank.
My man is ag jaar daarna oorlede in 1988 en ons het ‘n groot huis gebou buite Rio op ‘n eiland wat ek toe in ‘n gastehuis omskep het om myself aan die gang te hou. Die gastehuis aan die gang gehou tot my terugkeer na SA in 2007 toe ek die plek aan ‘n Amerikaner verkoop het. Dit was alles wonderlike ondervindinge van plus minus veertig jaar oorsee, maar nou is ek baie gelukkig terug in Suid-Afrika en woon in Somerset-Wes.
Hierdie is dan my storie baie ingekort.

 
 
 
 
 
 
 
   

Lee

quick info:

--------------------------------------------------

Matric Year: 1957

City: Somerset west

Email: ...

badge

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

bottom

 

 

 

 

Quick Contact

+27 Tel: (021) 872 4371
+27 Fax: (021) 872 7812

Faure Street
Paarl 7646
021 872 4371

You are here: Home Profiles Lee Meiring Randall