topmasshead

Art and Culture

   
Lida Botha  

left Lida (Lida - Botha) right

Lida Botha, néé Rossouw, is gebore in Namakwaland en het skoolgegaan in die Holy Cross Convent op De Aar en aan die HMS La Rochelle, Paarl, waar sy in 1953 matrikuleer. Daarna bekwaam sy haarself aan die Universiteit van Kaapstad. Na vele draaie en ervarings oorsee – sy was onder andere ‘n non in die Anglikaanse kerk in (Skiotland???) – keer sy terug na Suid-Afrika en hou skool in Bloemfontein waar sy haar man, Johan Botha, ‘n akteur by SUKOVS, ontmoet. Op 35-jarige ouderdom trou sy met hom en toe hy aangestel word as toneelhoof by die destydse SWARUK in Namibië, begin sy ernstig toneelspeel.

Lida is ewe tuis voor die kameras as op die verhoog en as akteurspaar het hul al hul talente saamgesnoer in verskeie TV-reekse soos die welbekende NOMMER ASSEBLIEF en MOORD OP DIE LUG. Vir haar uitmuntende spel as Ta’Effie, in die reeks VALLEI VAN SLUIERS, word sy benoem vir ‘n ATKV-MEDIAVEERTJIE.

Haar ondervinding op die verhoog sluit in toneelstukke soos HELLO AND GOODBYE van Athol Gugard, AL MY SEUNS van Arthur Miller, DIE SENDELING van Elsa Joubert soos verwerk vir die verhoog deur Saartjie Botha. Op die oomblik is sy te siene saam met haar man, Johan, in die verhoogstuk OUPA EN OUMA SIT OP DIE STOEP.

Sy vestig haar in die filmbedryf in rolprente soos FIELA SE KIND waarin sy die rol van Bartha, die bosvrou, speel; INVICTUS waarin sy die rol van die huishoudster, mrs Brits, vertolk en die mees onlangse film ROEPMAN waarin sy die wyse ouma Makkie is.

Lida en Johan het aanvanklik in Grabouw gewoon, maar volgens Lida het dit “heeltemal te veel gereën” daar. Hulle trek na Leopoldtville, ‘n baie klein plekkie so 30km vanaf Lambertsbaai, aan die Weskus.

Gedurende hul verblyf in Leopoldtville “speel” sy weer juffrou. Sy was aktief betrokke by die gemeenskap en het onder meer ‘n biblioteek vir die kinders by die Verenigende Gereformeerde kerk op die dorp op die been gebring. Sy het vir die kinders kuns- en dramaklasse gegee en hul het ook in die Kerstyd en by ‘n paar ander geleenthede ‘n hele paar konserte opgevoer. Op Dinsdae het sy vir die kinders stories in die biblioteek gelees.

Die egpaar verhuis onlangs na Malmesbury. Hoewel die twee reeds in hul herfsjare is, is daar hoegenaamd nie sprake van heeldag op die stoep sit en niks doen nie. Hulle beplan om die stuk OUPA EN OUMA SIT OP DIE STOEP ook orals na die platteland te neem, byna soos in die ou dae toe hulle met die streekrade van dorp tot dorp gereis het.

Lida Botha is definitief nog nie gereed om haar swanesang te sing nie; sy beskik oor nog te veel “zest” en daar is nog té veel rolle om te vertolk.

 
 
 
 
 
 
 
   

Lida

quick info:

--------------------------------------------------

Matric Year: 1953

City: Paarl

Email: ...

badge

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

bottom

 

 

 

 

Quick Contact

+27 Tel: (021) 872 4371
+27 Fax: (021) 872 7812

Faure Street
Paarl 7646
021 872 4371

You are here: Home Profiles Lida Botha