topmasshead

Academic

   
Lizette Rabe  

left Lizette (Lizette - Rabe) right

Lizette Rabe het haar joernalistieke loopbaan by Die Burger begin en was daarna vir twintig jaar in die joernalistiekpraktyk, onder meer as redakteur van die tydskrif Sarie.

Sy het haar doktorsgraad in 1994 verwerf, en het haar in 2001 in die akademie begewe met ’n aanstelling as professor en departementshoof van die Universiteit Stellenbosch se nagraadse Departement Joernalistiek. Sy was die eerste vrou om as redakteur van ’n Afrikaanse publikasie by Naspers aangestel te word, en ook die eerste vrou aan die hoof van die US se joernalistiekskool.

Sy is outeur, mede-outeur of samesteller van verskeie boeke en ook lid van verskeie professionele verenigings, nasionaal en internasionaal. Haar navorsingsbelangstellings is veral die mediageskiedenis en kultuurgeskiedenis.

Sy was ’n raadslid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum en het al opgetree as sameroeper en lid van verskeie joernalistieke beoordelaarspanele, onder meer vir Media24 en Vodacom. Sy is ’n stigterslid van die Salzburg Global Seminar Academy.

Die volgende boeke het onlangs uit haar pen verskyn:
Bete und Arbeite - The Philippi Germans and their story, Mzansimedia, 2010
Rykie: 'n Lewe Met Woorde, Tafelberg, 2011

 
 
 
 
 
 
 
   

Lizette

quick info:

--------------------------------------------------

Matric Year: 1974

City: -

Email: ...

badge

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

bottom

 

 

 

 

Quick Contact

+27 Tel: (021) 872 4371
+27 Fax: (021) 872 7812

Faure Street
Paarl 7646
021 872 4371

You are here: Home Profiles Lizette Rabe